Minister bekommerd oor Lesotho Hoogland-kontrakteur
- Armando Pieters

- May 16
- 1 min read
Die minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, is bekommerd oor die Lesotho Hoogland-waterprojekkontrakteur se versuim om kontraktuele omgewingsverpligtinge na te kom. Volgens die departement is verskeie waarskuwings oor nie-nakoming aan Kopano Ke Matla Joint Venture uitgereik vir die besoedeling van waterbronne met rou uitvloeisel. Die minister sê die kontraktuele afdwing van omgewingsverpligtinge is standaard en nodig op infrastruktuurprojekte van hierdie skaal om die omgewing en gemeenskappe te beskerm. Volgens die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sal dit nie die voltooiing van die projek negatief raak nie.





Comments