Minister Meth waarsku teen waninligting oor die WVF-platform
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 53 minutes ago
- 1 min read
Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, waarsku teen waninligting oor die Werkloosheidsversekeringsfonds se aanlyn eisplatform.
Meth sê onlangse berigte en spekulasie oor die stelsel het moontlik onnodige kommer onder werkers en begunstigdes veroorsaak.
Die nuwe platform is verlede jaar bekendgestel om die vorige uFiling-portaal vir werknemers se eise te vervang.
Volgens Meth is aansoeke wat reeds op die ou stelsel ingedien is, beveilig en suksesvol na die nuwe platform oorgedra.
Die departement sê die nuwe stelsel lewer tot dusver positiewe resultate.








Comments