top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Minister uitgejou oor kougoum kou

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 6, 2025
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het die minister van Hoër Onderwys en Opleiding tot verantwoording geroep ná ‘n omstrede verskyning in die parlement.

Minister Nobuhle Nkabane het woede ontketen toe sy blykbaar kougom gekou het tydens ‘n verskyning voor die Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding.

Die president wil ook ‘n verslag hê oor die proses wat onderneem is om raadslede aan te stel vir die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerhede (SETA’s) wat die fokus van die portefeuljekomitee se vrae was.

Nkabane is gekritiseer ná sekere polities gekonnekteerde aanstellings.

Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa het versoek dat die minister hom van ‘n gedetailleerde verslag voorsien.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page