top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Minister van Basiese Onderwys wag vir antwoorde rakende begrotingsbesnoeiings

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 5, 2024
1 min read

Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube sê sy wag nog vir ‘n antwoord van die Nasionale Tesourie oor hoe begrotingsbesnoeiings en infrastruktuurprobleme in die onderwyssektor hanteer moet word. SABC-nuus berig Gwarube het die media toegespreek na haar besoek aan Gauteng as deel van ‘n sogenaamde “luister en leertoer” na al nege provinsies. Die besoek fokus op kritieke kwessies wat die onderwyssektor raak, insluitend oorvol klaskamers, veiligheid en infrastruktuurprobleme. Gwarube sê wanneer hulle ‘n antwoord van die Tesourie ontvang het, sal hulle met die LUR’e vir Onderwys en Finansies van al nege provinsies vergader.

 
 
 

Comments


bottom of page