top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Minister van Binnelandse Sake verleng Zimbabwiese vrystellingspermitte

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 30, 2024
1 min read

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het die geldigheid van die Zimbabwiese vrystellingspermitte tot volgende jaar verleng. Schreiber het die verlenging Vrydag in die Staatskoerant aangekondig. Volgens die minister sal die verlenging tyd gee om met geaffekteerde permithouers te konsulteer. Die vorige sperdatum vir Zimbabwiese burgers om aansoek te doen vir ʼn nuwe eenjaarpermit, was Vrydag

 
 
 

Comments


bottom of page