top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Minister van Openbare Werke wil optree teen vorige ministers en adjunkte

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 20, 2024
1 min read

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, dreig om op te tree teen sommige voormalige ministers en adjunkministers van die vorige administrasie. Dít omdat sommige hul ampswonings glo in ʼn haglike toestand agtergelaat het en staatsbates in hul besit glo verdwyn het. Macpherson sê dat hulle nie toegelaat kan word om net die staat se bates weg te loop of staatseiendom te vandaliseer nie. Die minister se woordvoerder, James de Villiers, sê die departement oorweeg strafregtelike aanklagte teen die persone as die bates nie terugbesorg word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page