Minister waarsku teen totale elektrisiteit-ineenstroting
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 27
- 1 min read
Die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê munisipaliteite met 'n gekombineerde skuld van meer as R100 miljard by Eskom het min vordering gemaak om die skuld te verminder. MyBroadband berig volgens die minister sal die voortdurende probleem lei tot die totale ineenstorting van die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsisteem. Die skuldverligtingsprogram het munisipaliteite toegelaat om 'n deel van hul skuld af te skryf, mits hulle hulle tot streng voorwaardes verbind het om volhoubaarheid en verantwoordbaarheid te verseker. Dinge het egter nie goed begin nie, met Ramokgopa wat in Augustus 2023 onthul het dat slegs 11 van 28 goedgekeurde munisipaliteite hul verbintenisse nagekom het.





Comments