Minsiter Tolashe is vol vertroue dat korrupsie by Sassa uitgeskakel word
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 16
- 1 min read
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Sisisi Tolashe, sê sy is vol vertroue in die stelsel wat die departement het om korrupsie in die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) te beveg.
Tolashe sê Sassa het verskeie maatreëls bygevoeg om te verseker dat die regte begunstigdes van maatskaplike toelaes die toelaes ontvang.
Begunstigdes het frustrasie uitgespreek met Sassa se toelaeverifikasieproses, wat die betaling van die toelaes aan sommige begunstigdes vroeër vanjaar vertraag het.
Tolashe het begunstigdes versoek om hulle by Sassa se biometriese stelsels in te skryf.





Comments