Minstens 20 dwelmhandelaars al by OR Thambo in hegtenis geneem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 8, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse polisie sê hulle het die afgelope ses maande minstens 20 dwelmhandelaars by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Volgens Eyewitness News sluit onlangse dwelmvoorvalle die inhegtenisname van twee Suid-Afrikaners met kokaïen ter waarde van sowat R7,5 miljoen by die lughawe in. Die nasionale polisiekommissaris-generaal, Fannie Masemola, het Vrydag die vernietiging van byna 'n ton dwelms by 'n onbekende plek in Kaapstad gelei. Hy sê daar is op die verskillende tipe dwelms ter waarde van meer as R340 miljoen, in operasies in die Wes- en Oos-kaap, beslag gelê.







Comments