top of page

Minstens 800 spazawinkels registrasie-aansoeke by MMM ingehandig

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 17, 2024
  • 1 min read

Meer as 800 spazawinkels se registrasie-aansoeke is by die Mangaung Metro se kantore in Bloemfontein ingedien. SABC-nuus berig die munisipaliteit sê die grootste probleem is dat winkeleienaars nie by die belastinggaarder of by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom geregistreer is nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling, Theodora Mosala sê hulle het ‘n veldtog van stapel gestuur waartydens 2 500 mense oor die kwessie navraag kom doen het. Mosala sê die meeste doen reeds jare lank sake, terwyl hulle nie geregistreer is of titelaktes besit nie

 
 
 

Comments


bottom of page