Minstens vyf brande woed nou in Los Angeles

Jan 9, 2025
1 min read
Minstens vyf brande woed nou in Los Angeles en aangrensende gebiede in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Drie van die brande is onder beheer, maar twee brande by Palisades en Eaton brand vir die tweede dag buite beheer. SABC-nuus berig die brandweerhoof, David Acuna, sê die brand by Hollywood Hills versprei vinnig en dit is onmoontllik om dit in beheer te hou weens ‘n stormsterk wind. Luidens berigte is vyf mense tot dusver in die brande dood, terwyl meer as 137-duisend mense die gebied moes ontruim. Verskeie Hollywood sterre se huise het ook afgebrand.








Comments