Misa is bekommerd oor geweld in skole
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 3
- 1 min read
Die Personeelvereniging vir Motorbedryf (Misa) het kommer uitgespreek oor die hoë vlakke van geweld waarmee leerders in Suid-Afrika te kampe het.
Volgens Statistieke Suid-Afrika het meer as een miljoen leerders in 2024 geweld by die skool in die gesig gestaar. Misa sê kinders word blootgestel aan geweld, boelies, bendegeweld en seksuele misbruik.
Misa se Phakamile Hlubi-Majola sê die regering en die samelewing moet die veiligheid van kinders verseker.
Phakamile Hlubi-Majola








Comments