Misa sê Discovery Health moet self die finansiële verlies absorbeer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 18 hours ago
- 1 min read
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) sê Discovery Health-lede moet nie vir die skema se administratiewe foute betaal nie.
Hulle het Discovery gekritiseer vir die herverwerking van medisyne-eise vanaf 2025 en die eis van terugbetalings van lede, wat in sommige gevalle tienduisende rand beloop.
Die vakbond sê Discovery, ‘n hoogs winsgewende JSE-genoteerde groep, moet die finansiële verlies absorbeer.
Volgens Misa plaas die stap reeds gespanne motorbedryfwerkers onder verdere druk.
Hulle voeg by Discovery Health het erken dat sekere eise verkeerdelik teen hoër tariewe betaal is, wat veroorsaak het dat lede vroeër as verwag voordelelimiete bereik het.







Comments