top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Misa vra dat die regering paraffien by die brandstofheffingverligting insluit

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) waarsku dat die versuim om brandstofheffingverligting na paraffiengebruikers uit te brei, ongelykheid en swaarkry kan vererger.


Die regering het die brandstofheffingsverlaging van drie rand per liter op petrol vir nog ’n maand verleng.


Dit het ook dieselverligting met 93 sent verhoog tot drie rand-93 per liter. Die brandstofheffingsverlaging sluit egter verligtingsparaffien uit, wat volgende maand met meer as vyf rand per liter sal styg.


Misa dring daarop aan dat die regering ingryp om te verseker dat Suid-Afrikaners wat op paraffien staatmaak vir kook, verhitting en beligting nie agtergelaat word nie.


Ter illustrasie. FOTO: The Citizen
Ter illustrasie. FOTO: The Citizen

 
 
 

Comments


bottom of page