top of page

Misdaad by universiteite neem toe

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 1
  • 1 min read

Daar is ‘n toename in misdaad by Suid-Afrikaanse universiteite.

Die misdade wat binne die instellings gepleeg word, sluit die gebruik van onwettige dwelms, diefstal en verkragting in.

Sommige van die dwelmtransaksies het op kampus plaasgevind, terwyl sommige tussen Januarie verlede jaar en Augustus vanjaar buite die kampus plaasgevind het.

'n Totaal van 28 studente regoor die land het gedurende hierdie tydperk gevalle van verkragting aangemeld.

Universiteite het hul verbintenis om studente veilig te hou, uitgespreek.

 
 
 

Comments


bottom of page