Misdaadbestryders is nou vredesbeamptes
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 9
- 1 min read
Ernstige vrae word gevra oor die opleiding, keuring en regstatus van sogenaamde misdaadbestryders, ook bekend as Amapanyaza.
Volgens Maroela Media het die minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling aangekondig dat meer as 9 000 misdaadbestryders in Gauteng voortaan vredesbeamptestatus sal geniet.
Sy het egter geen duidelikheid gegee oor hul opleiding, akkreditasie of regsgrondslag nie.
Burgerregte-organisasie AfriForum waarsku dat ’n eenheid wat deur die Openbare Beskermer onwettig verklaar is, moontlik bloot hernoem word om dit wettig te maak.
AfriForum sê vredesbeamptestatus is nie simbolies nie en bring verreikende wetstoepassingsmagte mee.
Hulle waarsku ook dat ’n gebrek aan deursigtigheid ernstige risiko’s vir die publiek inhou.








Comments