top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Misdadegers teiken sonkragstelsels en gasbottels

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 18
  • 1 min read

Kenners waarsku dat sonpanele en gasbottels van die top-items is wat van eiendomme in Suid-Afrika gesteel word.


Die besturende direkteur van Guardian Eye, Rodney Taylor, waarsku dat georganiseerde misdaadsindikate sonkraginstallasies in Suid-Afrika teiken.


Business Tech berig dat Taylor verduidelik het dat dak-sonkragstelsels hoogs waardevol en maklik toeganklik vir misdadigers is.


Gasbottels en buitebeligting, insluitend vloedligte en sonkrag-aangedrewe buiteligte, word toenemend geteiken omdat hulle vinnig losgemaak en weggedra kan word.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page