Misleidende beurtkrag-inligting veroorsaak onnodige kommer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 12, 2025
- 1 min read
Eskom waarsku die publiek oor die toenemende aantal vals nuuswebwerwe met misleidende inligting oor dreigende beurtkrag. Die kragverskaffer sê waninligting veroorsaak onnodige openbare kommer en voeg by die kragstelsel bly stabiel met beurtkrag wat opgeskort is. Eskom het alle belanghebbendes en die publiek aangespoor om op amptelike Eskom-kommunikasieplatforms staat te maak vir akkurate bywerkings.







Comments