top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MK-party eis verskoning van Zuma-Sambudla

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 11, 2025
1 min read

Oudpres. Jacob Zuma se dogter, die parlementslid Duduzile Zuma-Sambudla, is beveel om onmiddellik ’n openbare verskoning te maak, na uitlatings wat sy op X gemaak het. Sy moet dit rig aan die sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, sowel as die party se ander lede - en die land - vir uitlatings wat sy gemaak het. Maroela Media berig sy het Maandagaand aan Shivambu op X geskryf dat hy die slegste ding is wat met die MK-party kon gebeur het, en hom gevloek. Die MK-party het Dinsdag in ’n verklaring gesê dat haar plasings beledigend is en ’n direkte oortreding van die party se gedragskode is. Indien sy versuim om ’n openbare verskoning te vra, het die party dit duidelik gemaak dat haar lidmaatskap beëindig sal word. Intussen sal hul interne dissiplinêre proses begin.

 
 
 

Comments


bottom of page