top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MK-party het terugslag in die hof

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 6, 2024
1 min read

Die MK-party sê hy is “uiteraard teleurgesteld” met die uitkoms van sy dringende aansoek in die Johannesburgse hooggeregshof. Maroela Media berig die party het die hof verlede week genader om ʼn besluit van die Regterlike Dienskommissie (RKD), om Maandag voort te gaan met sy sittings, ter syde te stel. Die aansoek volg nadat die hooggeregshof in Kaapstad vroeër gelas het dat John Hlophe, ʼn MKP-LP, nie sy posisie in die RDK mag opneem nie, hangende ʼn besluit om hom as lid van die kommissie aan te stel. Die MK-party het die kommissie gevra om die sitting te vertraag tot ʼn besluit oor Hlophe geneem is, maar die RDK het dit van die hand gewys. Regter Stuart Wilson het Saterdag ook die MKP se jongste aansoek verwerp en bevind daar is geen rede waarom die RDK nie met sy sittings mag voortgaan nie. Onderhoude vir die proses om nuwe regters aan te wys, begin more.

 
 
 

Comments


bottom of page