MK-partywoordvoerder eis verskoning van Shivambu
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 26, 2025
- 1 min read
Die woordvoerder van die MK-party het ‘n openbare verskoning van die party se voormalige sekretaris-generaal, Floyd Shivambu, geëis vir die opmerkings wat hy tydens ‘n onderhoud op eNCA gemaak het. Shivambu het beweer dat Nhlamulo Ndhlela ‘n leuenaar, ‘n dwelmgebruiker en ‘n alkoholis is. Ndhlela het met regstappe gedreig as Shivambu nie binne 48-uur om verskoning vra en sy opmerkings terugtrek nie. Hy het ook toetsuitslae op die sosiale mediaplatform X geplaas, wat bewerings van dwelmgebruik weerlê.






Comments