top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MMM fokus op veiligheid van vroue en kinders

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 28, 2025
1 min read

Die adjunk-uitvoerende burgemeester van Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM), raadslid Lulama Titi-Odili, het ’n opleidingsessie bygewoon oor die nasionale plan teen geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord. Volgens ’n plasing op die Munisipaliteit se Facebook-blad het die sessie op Woensdag 28 Mei 2025 by die Protea Hotel in Bloemfontein plaasgevind in samewerking met verskeie regeringsdepartemente. Titi-Odili sê die stad is ernstig oor die stryd teen geslagsgebaseerde geweld. Sy sê burgemeester Gregory Nthatisi het tydens sy begrotingstoespraak bevestig dat daar fondse opsy gesit is om slagoffers te help. Titi-Odili sê almal moet saamstaan en sê genoeg is genoeg. Haar deur is volgens haar altyd oop vir programme wat die veiligheid van vroue en kinders bevorder.

 
 
 

Comments


bottom of page