top of page

MMM-owerhede gekritiseer oor onwettige besetting

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 5, 2025
  • 1 min read

Owerhede in Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM), Vrystaat, word gekritiseer vir hul versuim om op te tree teen onwettige besetting. Volgens Newskoop sê gemeenskappe hulle voel onveilig en glo die situasie vererger misdaad. Die DA in die provinsie doen ’n beroep op ’n dringende vergadering met munisipale amptenare om ’n plan voor te lê oor hoe die munisipaliteit onwettige besetting kan bekamp. Die party sê die munisipaliteit moet die wet meer doeltreffend toepas om te verhoed dat gemeenskappe deur onwettige aktiwiteite oorval word.

 
 
 

Comments


bottom of page