MMM sê gekleurde water in Bloemfontein is veilig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 2, 2025
- 1 min read
Inwoners van die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM), veral in Botshabelo, kan waterverkleuring in hul kraanwater opmerk. Die metro sê dit is weens onlangse skommelinge in die watergehalte. Volgens ’n hul kennisgewing op Facebook is die chloorvlakke getoets en as voldoende en veilig bevestig. Hulle sê daar is dus geen rede om die water voor gebruik te kook nie. Die verkleuring is waarskynlik tydelik en hou geen gesondheidsgevaar in nie. Die metro sê hulle monitor die situasie en sal inwoners inlig as iets verander. Die publiek word gevra om kalm te bly en die water normaal aan te hou gebruik.







Comments