top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MMM vervang water-koopbewyse wat nie gelaai kon word nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 11, 2024
1 min read

Inwoners wat nie hul voorafbetaalde water-koopbewys tydens die identifikasie-oorrolproses kon laai nie, word gevra om die volgende inligting aan die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) vir ‘n vervangings-koopbewys te stuur. Die inligting sluit jou kontaknommer, kwitansie met die koopbewysnommer, die bedrag sowel as die voorafbetaalde watermeternommer in. Volgens die MMM se hoofbestuurder van kommuniskasie, Qondile Khedama, sal die verifikasieproses vyf dae neem vanaf die datum waarop al die nodige inligting ontvang is. Die finale datum vir vervangings van die koopbewyse is vanjaar 20 Desember, en geen vervanging sal daarna oorweeg word nie. Inligting kan na die MMM se WhatsApp nommer gestuur word: 065 586 6261

 
 
 

Comments


bottom of page