Mobiele data behoort nie te verval nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Lede van die parlement het weer bevraagteken waarom mobiele data verval.
Dit volg na LP's 'n toesigbesoek aan MTN se hoofkantoor in Roodepoort afgelê het.
Hulle sê daar is geen tegniese rede waarom mobiele data moet verval as verbruikers dit nie binne 'n spesifieke tydperk gebruik nie.
MTN en Vodacom het die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid, Okosa, hof toe geneem oor die opgedateerde reëls van die Eindgebruiker- en Intekenaardienshandves.
Die opgedateerde reëls poog onder meer om die verval van mobiele data te beëindig.








Comments