top of page

Mobiele gesondheidskliniek trein se besoek word uitgestel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 27
  • 1 min read

Die besoek van die mobiele gesondheidskliniek trein, Transnet Phelophepa, na Bethlehem is tot verdere kennisgewing uitgestel. Volgens ’n kennisgewing van die Vrystaatse Gesondheids Departement het stortreën in die Vrystaat spoorlyne ernstig beskadig. Die besoek was oorspronklik vir 28 April tot 9 Mei 2025 geskeduleer. Volgens Transnet en die Departement van Gesondheid word alternatiewe roetes na Bethlehem ondersoek. Die departement sal die publiek ingelig sodra ’n nuwe skedule beskikbaar is. Weens verspoelings tussen Koppies en Rooiwal op die Kroonstad-lyn, asook in die Sasolburg-gebied is treine intussen opdrag gegee om roetes aan te pas.

 
 
 

Comments


bottom of page