top of page

Modelegende Giorgio Armani is oorlede

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 5
  • 1 min read

Die Italiaanse modelegende Giorgio Armani, is in die ouderdom van 91 oorlede. Volgens sy maatskappy was hy omring deur sy geliefdes. News24 berig die kontemporêre ontwerper het sy modehuis in 1975 Milaan geopen en vinnig tot die top van die bedryf gestyg. Die Armani-groep sê op sosiale media hy het oor die jare ‘n visie geskep wat van mode na elke aspek van die lewe uitgebrei het. Hy was gedryf deur nuuskierigheid en hulle voeg by hy was bedag op die behoeftes van die gemeenskap en het altyd sy geliefde Milaan ondersteun.

 
 
 

Comments


bottom of page