Moeders verkoop glo kinders se geboortesertifikate
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 29
- 1 min read
Die Departement van Binnelandse Sake ondersoek bewerings dat moeders hul kinders se oorspronklike geboortesertifikate aan buitelanders verkoop.
Dit het aan die lig gekom ná verskeie instansies waar 18-jariges vir hul identiteitsdokumente wou aansoek doen, maar nie oorspronklike geboortesertifikate kon toon nie.
Volgens IOL sê ‘n woordvoerder vir die departement dit blyk of die insidente nie van binne die departement kom nie, en dat werknemers nie betrokke is nie.
Hy bevestig ‘n nasionale ondersoek sal van stapel gestuur word, en enige besluite sal geneem word na aanleiding van die bevindings.





Comments