Momentum is nou amptelik SA se tweede grootste mediese fondsadministrateur
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Momentum Health is nou amptelik Suid-Afrika se tweede grootste mediese fondsadministrateur nadat die maatskappy die administrasie van die Bonitas Mediese Fonds oorgeneem het.
BusinessTech berig die oorgang beëindig Bonitas se 43-jarige vennootskap met Medscheme.
Met die byvoeging van sowat 750 000 Bonitas-lede het Momentum se markaandeel in die mediese fondsmark van 22% tot 30% gegroei.
Dit plaas Momentum in die tweede plek agter Discovery, wat steeds die grootste aandeel van die mark beheer.
Die oorgang het op 1 Junie amptelik in werking getree.








Comments