Moodley kry twee dekades later steeds nie parool nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 20, 2025
- 1 min read
Die veroordeelde moordenaar, Donovan Moodley, wat ‘n lewenslange vonnis uitdien vir die moord in 2004 op die universiteitstudent, Leigh Matthews, is parool geweier.
IOL berig die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig dat na deeglike oorweging van alle relevante verslae en voorleggings, paroolplasing vir Moodley nie in hierdie stadium toegestaan kon word nie.
Moodley het die paroolraad vroeër vanjaar genader en aangehaal dat hy geskik is om aansoek te doen vir plasing op parool ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing.
Die departement sê sy profiel sal na 24 maande weer ingedien word vir heroorweging. In hierdie tyd moet Moodley gestruktureerde korrektiewe programme, psigoterapiesessies en onafhanklike assesserings ondergaan.







Comments