top of page

Moodley se moontlike parool veroorsaak opskudding

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 18
  • 1 min read

Die moontlikheid van parool vir Donovan Moodley, wat skuldig bevind is aan die moord op Leigh Matthews, het die afgelope week opskudding veroorsaak. Vaalweekblad berig Moodley, wat sedert 2018 in aanmerking kom vir parool, het die aanbeveling van die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad ontvang, maar die Minister van Korrektiewe Dienste moet nog die finale besluit neem. Hy is in 2005 skuldig bevind aan ontvoering, afpersing en moord en tot lewenslange tronkstraf gevonnis, en het intussen ’n regsgraad voltooi. Kritici meen Moodley toon geen ware berou nie en dat sy vrylating die Matthews-familie se trauma sal verdiep. Voorstanders van parool wys egter op die wetlike proses en evaluasies wat nagekom word voordat ’n gevangene vrygelaat kan word.

 
 
 

Comments


bottom of page