Moontlike onluste teister glo Bfn se busvervoer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Boodskappe en video's word tans in Bloemfontein versprei van beweerde onluste by busstasies wat mense na die stad moet vervoer. Van die boodskappe lui dat die busse met klippe bestook word. By sommige areas is daar wel glo polisieteenwoordigheid. Polisieverteenwoordigers kon egter nie vir kommentaar bereik word nie.
Die beweerde onluste kom nadat vals digitale plakkate oor ’n “gemeenskaplike totale stilstand” glo op sosiale media-platforms versprei is. Die plakkate verwys na verskeie kwessies waarmee inwoners van die Mangaung Metro Munisipaliteit worstel as redes vir die stilstand. Nova News berig ’n stemnota in Sesotho is ook op verskeie sosiale media-platforms versprei.
Volgens 'n verklaring van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is sulke plakkate of digitale pamflette hoogs doeltreffende hulpmiddels vir waninligting. Selfs wanneer dit heeltemal gefabriseer is, kan dit onmiddellike chaos veroorsaak aangesien dit openbare angs skep weens die vinnige, ongekontroleerde aard van sosiale media.
LUISTER HIER:







Comments