top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Moordenaar glimlag oor sy drie keer lewenslange tronkstraf

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 4, 2024
1 min read

Die moordenaar van 'n professor aan die Universiteit van Limpopo wat twee jaar gelede in Polokwane vermoor is, het geglimlag tydens sy vonnisoplegging. Volgens 'n Netwerk24-berig het regter Malose Monene in die hooggeregshof in Polokwane die beskuldigde, Immanuel Charles Maboko van Burgersfort, tot drie keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Maboko het gekies om homself te verteenwoordig en het sy reg tot swye tydens die verhoor uitgeoefen. Terwyl beeldmateriaal die hele skietvoorval vasgelê het, wou Maboko nie die motief vir die moord openbaar nie. Verder is Maboko ook skuldig bevind aan twee moorde wat hy in April 2022 gepleeg het. Die drie moorde is deur ballistiese toetse aan die vuurwapens gekoppel.

 
 
 

Comments


bottom of page