Moordenaars van 'n VS onderwyser sit lank

Die vier moordenaars van 'n onderwyser in Botshabelo, Fezile Mnyobisi, is swaar vonnisse in die Vrystaatse hooggeregshof opgelê vir 'n opspraakwekkende moord in 2023.
Mnyobisi is in 2023 met meer as 30 steekwonde aan sy bolyf by 'n plaaslike hospitaal dood verklaar.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê twee huurmoordenaars is destyds in hegtenis geneem op aanklagte van moord en sameswering tot moord te pleeg, en die oorledene se swaer is ook later in hegtenis geneem.
Die oorledene se vrou, Halimmah Thamando Mnyobisi, het in 'n luukse woonkompleks in Sandton in Gauteng geskuil, en is ook in hegtenis geneem.
Die voorsittende regter sê die vonnis behoort as 'n les te dien vir diegene wat steeds dink dat vroue, omdat hulle oor die algemeen as weerloos beskou word, nie tot sulke wrede en afskuwelike dade in staat is nie.









Comments