Moordsaak van tiener wie se liggaam in puttoilet gevind is is uitgestel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 9, 2025
- 1 min read
Die saak teen Puleng "Sesi" Motlodi se vermeende moordenaars is deur die Thaba 'Nchu-landdroshof tot 30 Junie uitgestel. Free State World berig die Thaba 'Nchu gemeenskap het haar ouers by die hof ondersteun en eis dat geregtigheid geskied. Rosestad-nuus het vroeër berig die vermiste tiener se liggaam is in 'n puttoilet in Sone 5, Thaba 'Nchu, gevind. Ten tyde van haar verdwyning was Sesi slegs 19 jaar oud.







Comments