top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

More kyk self na die vordering by Lourierpark

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 25
  • 1 min read

Die Mangaung Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, het die Lourierpark-ontwikkeling besoek om die jongste vordering en uitdagings op die terrein te ondersoek.


In 'n video op sosiale media sê More hy het met amptenare van Menslike Nedersettings en projekbestuurders vergader oor die ontwikkeling van die gebied.


Volgens hom was water- en sanitasiedienste van die belangrikste kwessies wat bespreek is.


More sê die metro werk daaraan om basiese dienste aan inwoners te voorsien terwyl verdere ontwikkeling beplan word.


Hy voeg by die ontwikkeling bestaan uit meer as 2 400 erwe en dat voorsiening ook gemaak word vir toekomstige gemeenskapsgeriewe soos skole, gesondheidsdienste en ander sosiale infrastruktuur.


Voglens More werk die metro binne sy beskikbare hulpbronne om behuisingsgeleenthede vir inwoners te skep en beoog om mettertyd verdere dienste aan die gemeenskap te lewer.


Sello More. FOTO: Skermgreep
Sello More. FOTO: Skermgreep

 
 
 

Comments


bottom of page