More sê die Mangaung-metro sal met die SOE saamwerk

Aug 4
1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit sal met die Spesiale Ondersoekeenheid, of SOE, saamwerk nadat nege tenders wat met die Mangaung-metropolisie verband hou, onder die vergrootglas geplaas is.
Die stadsbestuurder, Sello More, sê in 'n mediaverklaring die metro erken en respekteer die SOE se grondwetlike mandaat om bewerings van wanadministrasie, korrupsie en ander onwettige optrede te ondersoek.
More voeg dit sal onvanpas wees om kommentaar te lewer terwyl die ondersoek aan die gang is.
Hy beklemtoon dat die metro verbind bly tot goeie bestuur, aanspreeklikheid, deursigtigheid en verantwoordelike finansiële bestuur.









Comments