top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mosambiek se opposisieleier is 'reg om te onderhandel'

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 9, 2025
1 min read

Die Mosambiekse opposisieleier, Venâncio Mondlane sê hy is gereed om te onderhandel oor die gespanne situasie sedert verlede jaar se verkiesing, maar hou vol dat hy die verkiesing gewen het. SABC-nuus berig Mondlane het Donderdagoggend in Maputo aangekom nadat hy kort na die verkiesing in Oktober die land verlaat het. Volgens die verkiesingskommissie het die regerende party, Frelimo se kandidaat, Daniel Chapo, die verkiesing gewen. Mondlane het die uitslae betwis en ‘n beroep op sy ondersteuners gedoen om daarteen te betoog. Meer as 270 mense is sedertdien tydens die protesoptrede dood. Duisende mense het by die lughawe in Maputo opgedaag om Mondlane te verwelkom. ‘n Groot aantal polisiebeamptes is ook ontplooi en traanrook is volgens berigte op die skare gebruik.

 
 
 

Comments


bottom of page