top of page

MOTO GP: Eerste Fransman in 71 jaar wen Franse MotoGP te wen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 13, 2025
  • 1 min read

Johann Zarco het ‘n asemrowende rit in nat en chaotiese toestande by Le Mans gelewer om die eerste Franse wenner van die Franse MotoGP in 71 jaar te word. Toe hy in sy 150ste MotoGP-ren gery het, het die 34-jarige Honda LCR-ster die voortou geneem na agt rondtes en nooit teruggekyk nie en byna 20 sekondes voor Marc Marquez geëindig. Met ‘n rekordbrekende skare van meer as 311 000 aanhangers, het Zarco in trane uitgebars voordat hy sy handelsmerk-bollemakiesie ter viering uitgevoer het. Die erge weertoestande het veroorsaak dat ses renjaers moes onttrek terwyl die voorloper in die  kampioenskaps-reeks Marc Marquez sy voorsprong na 22 punte vergroot het ná ‘n tweede plek ondanks die feit dat hy ‘n dubbele langrondte straf uitgedien het.

 
 
 

Comments


bottom of page