top of page

MOTO GP: Jorge Martin mis uit op eerste ren van 2025

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 25, 2025
  • 1 min read

Die Spaanse motorfietsrenjaer van Aprilia Racing Jorge Martin gaan die naweek se eerste MotoGP-wedren van die nuwe seisoen misloop nadat hy tydens ’n oefensessie geval het. Martin wat tans besig was om te herstel van ’n gru-ongeluk op die opengingsdag van die voorseisoense toetse het nou verskeie frakture in in sy linkerhand en ook in ’n onverwante voorval in sy hakskeen opgedoen. Die Spanjaard het na die Aprilia-span geskuif in ’n multimiljoendollar-kontrak van twee jaar nadat hy die 2024-kampioenskap gewen het vir Pramac Ducati. Die Italiaanse renjaer Lorenzo Savadori sal nou vir Martin in Thailand vervang.

 
 
 

Comments


bottom of page