MOTOGP: KTM se langtermyn-toekoms moontlik in die weegskaal
- Armando Pieters

- Jun 4
- 1 min read
Die Oostenrykse motorfiets-vervaardiger KTM se toekoms in diè sportsoort blyk in die weegskaal te wees. Diè span se ooreenkoms met Dorna Sports wat ’n MotoGP-promotor is verval aan die einde van 2026 en volgens die groep se uitvoerende hoof Gottfried Neumeister bly hul motorsport aktiwiteite nog ’n onbeantwoorde vraag. KTM het wel ’n lening bekom by die Indiese voertuigvervaardiger Bajaj om te verseker twee van sy belangrike fabrieke in Mattighofen en Munderfing hou nog die deure oop. Die Suid-Afrikaner Brad Binder jaag tans vir diè span en beklee slegs die 14de plek op die kampioenskaps-puntelys terwyl spanmaat Pedro Acosta negende is na sewe wedrenne maar ook beplan om aan die einde van die 2026-seisoen te groet. *Binder en Acosta is wel die naweek weer in aksie in die Aragon-MotoGP in Spanje.





Comments