Motoriste herinner om voertuiglisensies voor die vakansie te hernu
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 26, 2024
- 1 min read
Die Padverkeersbestuurskorporasie doen 'n beroep op meer as 1,6 miljoen bestuurders in Suid-Afrika om hul voertuiglisensieskyfies voor die einde van die jaar te hernu. SABC News berig volgens die Nasionale Verkeersinligtingstelsel sal meer as 600 000 voertuiglisensieskyfies aan die einde van November verval, en 'n verdere een miljoen sal voor die einde van volgende maand verval. Die korporasie sê dit is aangesien verhoogde polisiëring en toepassing oor die feestyd sal plaasvind. Die korporasie se woordvoerder, Simon Zwane, sê hulle het reeds aanmanings, vir die hernuwing van hul voertuigskyfies, aan al hierdie motoriste gestuur het, veral diegene wat op NATIS geregistreer is.







Comments