top of page

Motoriste moet vir sneeu voorberei

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 8
  • 1 min read

Met weerberigte wat die moontlikheid van sneeuval, ysreën of 'n wintermengsel oor verskeie provinsies aandui, sê die Motorbedryfswerkswinkelvereniging (MIWA), dat motoriste dienooreenkomstig moet voorberei. Arrive Alive berig MIWA voorsitter, Dewald Ranft, sê die tragiese gebeure van September verlede jaar, toe 'n fratssneeustorm duisende vir meer as 48 uur op die N3 gestrand gelaat het, is 'n skerp herinnering aan hoe onvoorspelbaar Suid-Afrikaanse winters kan wees. Hy voeg by 'n goed gevulde noodkissie is nie net vir lang reise nie, dit is 'n noodsaaklikheid vir almal op die pad hierdie winter. Ranft moedig motoriste ook aan om te verseker dat hul voertuie meganies in orde is, en om tegnikuste te vra om hulle te wys hoe om die basiese gereedskap wat saam met 'n mens se motor gekom het, te gebruik.

 
 
 

Comments


bottom of page