Motoriste staar hoër brandstofpryse in die gesig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 27
- 1 min read
Daar word verwag dat motoriste Desember hoër brandstofpryse in die gesig sal staar.
Die jongste data van die Sentrale Energiefonds dui op prysstygings vir beide petrol en diesel.
Die prys van petrol kan met tussen 19 en 42 sent per liter styg, terwyl diesel ‘n skerper styging van 72 tot 89 sent per liter kan ervaar.
Motoriste word aangemoedig om hoër brandstofkoste in ag te neem vir hul reisplanne die komende vakansietydperk.






Comments