top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Motoriste wat nie 'n bewys kan toon, kan nie in hegtenis geneem word nie'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 3
  • 1 min read

Motoriste wat nie hul rybewys kan toon nie, kan beboet word, maar hulle mag nie daarvoor gearresteer word indien hulle wel 'n geldige rybewys het nie.


Dit volg nadat 'n motoris beweer het hy is tydens 'n verkeersblokkade met inhegtenisneming gedreig omdat hy nie sy rybewys by hom gehad het nie.


Nuus in Afrikaans sê in ‘n plasing op sosiale media die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) het daarna die wet verduidelik en gesê daar is 'n belangrike verskil tussen iemand wat 'n geldige rybewys het, maar dit nie by hom dra nie, en iemand wat glad nie gelisensieer is om te bestuur nie.


'n Arrestasie is slegs van toepassing wanneer 'n persoon geen geldige rybewys het of nog nooit een uitgereik is nie.


Volgens die RTIA is dit 'n oortreding om sonder jou fisiese rybewys in jou besit te bestuur, waarvoor 'n boete van R1 000 opgelê kan word. Indien 'n bestuurder egter kan bewys dat hy of sy wel 'n geldige rybewys het, behoort verkeersbeamptes dit op die stelsel te kan verifieer.


Die RTIA raai motoriste aan om altyd hul fisiese rybewys saam te dra wanneer hulle bestuur om boetes en onnodige komplikasies tydens verkeerskontroles te vermy.


Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos
Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos

 
 
 

Comments


bottom of page