top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Motoriste word aangeraai om die N1 by Winburg te vermy

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 4
  • 1 min read

Motoriste word aangeraai om die N1 by Winburg te vermy weens gemeenskapsbetogings in die gebied.


Volgens polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli probeer betogers die suidwaartse rybaan met klippe, brandende voorwerpe en versperrings blokkeer.


Openbare Orde Polisiëring is op die toneel om die situasie te bestuur en die pad weer oop te stel.


Die onrus volg nadat 'n gemeenskapsvergadering onder leiding van die Vrystaatse premier gehou is.


Motoriste wat suid na Bloemfontein reis, word aangeraai om by Theunissen af te draai om die gebied te vermy.


Kareli versoek padgebruikers om versigtig te bestuur, hul spoed te verminder en verkeersbeamptes en polisielede se aanwysings te volg.


Ter illustrasie. FOTO: iStock
Ter illustrasie. FOTO: iStock

 
 
 

Comments


bottom of page