top of page

Motoriste word aangeraai om tenks te vul voor prysverhoging

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 29, 2024
  • 1 min read

Suid-Afrikaners wat reisplanne het vir die Nuwejaar, moet oorweeg om brandstof voor Woensdag op te vul. News24 berig dit is wanneer 'n beskeie styging in petrol- en dieselpryse in werking tree. Die Minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe het aangekondig dat die prys van 93-oktaan petrol met 19 sent per liter styg, terwyl 95-oktaan petrol met 12 sent per liter duurder word. Diesel (0.05% swael) styg met 7.50 sent per liter en 0.005% swael diesel met 10.50 sent. Verligtingsparaffien se groothandelsprys sal met 9.50 sent per liter daal. Hierdie veranderinge tree op 1 Januarie in werking, as gevolg van 'n daling in die rand/dollar-wisselkoers en 'n effense styging in Brent-ruoliepryse.

 
 
 

Comments


bottom of page