top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Motoriste word gemaan om nie paniekaankope van brandstof te doen nie

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 4 hours ago
  • 1 min read

Motoriste moenie in paniek brandstofaankope doen weens boodskappe oor ʼn oënskynlike brandstoftekort en verwagte prysstygings nie. Dit is luidens ‘n boodskap van die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne asook die Brandstofbedryfsvereniging van Suid-Afrika.  


Maroela Media berig beide sê hulle neem met kommer kennis van verklarings en boodskappe waarin sekere organisasies en individue die publiek aanmoedig om op vulstasies toe te sak.


Dit weens verklarings en boodskappe wat deur sekere organisasies versprei word waarin hulle die publiek aanmoedig om vulstasies weens die oënskynlike dreigende tekort te besoek.


Die twee instellings sê op kort termyn bly Suid-Afrika se brandstofvoorsiening bestendig en daar is nie rede vir paniekaankope nie.


Ter illustrasie. FOTO: Business Tech
Ter illustrasie. FOTO: Business Tech

 
 
 

Comments


bottom of page