top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Motoriste word oor ‘n sinkgat gewaarsku

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 9, 2025
1 min read

Motoriste word versoek om die R500-pad wes van Johannesburg, in Carletonville, te vermy. Dit weens 'n sinkgat wat steeds ineenstort.


SABC News berig volgens Gauteng se Departement van Paaie en Vervoer dui voorlopige assesserings daarop dat meer as 80% van die padoppervlak ineengestort het.


Dit maak die roete uiters onveilig.


Die departement doen 'n beroep op motoriste om alternatiewe roetes te gebruik.


Intussen is die betrokke gedeelte gesluit terwyl tegniese spanne 'n volledige veiligheidsevaluering doen.


FOTO: SABC News
FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page